Knipmes

'n Versameling knipmesse.
Canivetes

'n Knipmes is 'n spesiale soort draagbare mes, met een of meer lemme wat binne die handvatsel toevou, en wat dan nog steeds in 'n sak pas.

Die normale lemlengte is 5 tot 10 cm (2 tot 4 duim).[1] Knipmesse is veelsydige gereedskap, en kan vir amper enigiets gebruik word van die oopmaak van 'n koevert, om tou of lyn te sny, biltong te kerf, vars vrugte af te skil of selfs vir selfverdediging.[2]

  1. Lake, Ron; Centofante, Frank; Clay, Wayne (1995). How to Make Folding Knives: A Step-By-Step How-To. Krause. p. 190. ISBN 0-87341-390-3.
  2. Stewart, Ron; Ritchie, Roy (2000). Big Book of Pocket Knives: Identification & Values. Collector Books. p. 348. ISBN 978-1-57432-178-4.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search